Nicola Dreyer - Onthou Jy (Official Video)

Onthou Jy is nóú beskikbaar op alle digitale platforms — ’n nostalgiese song oor samesyn by die see 🌊✨🎶

Skrywer: Nicola Dreyer
Vervaardiger: Fred den Hartog
Musiekvideo & Redigering: Lohann Beets
Spesiale dank aan: Cat & Andries de Jongh, Esta Beets, Reon & Sally van der Merwe, Herdi & Frikkie

Sosiaal:
📘 Facebook: Nicola Dreyer Musiek

📸 Instagram: @nicola.dreyer

🎵 TikTok: @nicola.dreyer

Lirieke:

Ons het nog altyd 'n plan gehad
Vir die somerseisoen, selfs die winters van die maand
Niks kon ons keer van 'n goeie tyd
Want die lewe is te kort en ons is amper weer hier uit
Die lewe is te kort en ons is amper weer hier uit

Onthou jy daai aand in jou huis by die see
Jy bak 'n brood en ek skink die tee
Vir een laaste keer sal ek alles gee
Spore op die sand en die wind wat vergeet

Die sterre brand en dis skuins na middernag
Hier hang lanterns uit die gate van die dak
Ek's bly jy's by my, ek wil jou veilig hou
En as jy weg is, sal ek wag vir jou
As jy weg is, sal ek wag vir jou

Onthou jy daai aand in jou huis by die see
Jy maak 'n vuur en ek skink 'n bier
Vir een laaste keer sal ek alles gee
Spore op die sand en die wind wat vergeet

Die herinneringe oor die jare heen
Sal ek altyd vashou, sement word steen
Die fotorame en die stof wat lê
O die diep verlange om die oomblik weer te hê

Maar onthou jy daai aand in jou huis by die see
Jy maak 'n vuur en ek skink 'n bier
Vir een laaste keer sal ek alles gee
Spore op die sand en die wind wat vergeet
O die spore op die sand en die wind wat vergeet

Дата на публикация: 12 септември, 2025
Категория: Друго

Показване на още